Die Stags Head kroeg. Een Castle draught asseblief. Dankie. Ek verkyk my aan die wêreldbeker sokker landsvlaggies wat amper twee jaar later nog bo die kroegtoonbank hang. Sho.
Die barmeisie se naam is Sparkles, en ek lieg rêrig nie nou vir jou nie. Daar hang 'n houtlepel aan 'n tou uit die dak uit vir elke vorige barman (of barpersoon vir almal wat issues het) en bo op die drank-rak sien ek daar staan 'n versameling interessante bierblikkies.
Dis lekker rustig hier.
Ek hoop jy is net so rustig, waarookal jy is. As jy nie is nie, wil ek hê jy moet nou 'n bietjie terugsit en vir my rustig raak.
Vandag voel alles asof dit home-made is.
No comments:
Post a Comment