Sunday, 9 October 2011

Die Weerlig

Welkom by Die Weerlig, wilde wandelaars en mede mense. My naam is Albert en hierdie is my blog. Ek sit hier op 'n semi-sonnige sitplek met my rekenaar op my skoot en Dawid Kramer se "Hannepootpad" op my platespeler.

Op my vorige blog het ek probeer om dinge redelik vlak en spotterig te hou, maar hier gaan ek nie te veel dink daaroor nie. Wat hier uitkom is wat hier uitkom. Ek is seker jy sal dit kan hanteer.

Die Weerlig is 'n vloeiende bundel van opstelle, goedkoop versies en binnekort kortverhale sonder 'n algemene tema of goue draad. Ten minste nie waarvan ek weet nie, maar dalk tel jy iets op. Daar is nie veel meer om hieroor te sê nie, so ek sny hiermee die spreekwoordlelike lint voor die spreekwoordelike skyfdeure van die spreekwoordelike supermark. After you.

No comments:

Post a Comment