‘n Doodgewone aand.
Ek sit nou op die geel blomme-bank, hence die naam van die stuk, ses minute oor twaalf, met Kwêla aan in die agtergrond en ‘n kaggelvuur-mis in my kop. Die meisie op die TV se naam is ‘Kika’.
No jokes.
Ek sukkel so ‘n klein bietjie om te konsentreer. Miskien is dit te doen met die hele “Reverse Culture Shock” ding waaroor daai Scotse bra aangegaan het. Miskien is dit omdat Moskou my vanoggend dou voor dag wakkergebel en toe wakker ge-koffie drink het. Die sekondêre aanbieder is heeltemal te entoesiasties. Op Kwêla, nou.
‘n Mens kan ook nêrens heen gaan sonder dat alles uitmekaar uit begin val nie.
Hier is ‘n prettige feit wat jy dalk nie geweet het nie: Coenie de Villies luister Rammstein in sy kar. Hy het dit self vir my gesê die aand voordat ek landuit is. Sit ‘n Rammstein CD aan en kyk Kwêla sonder klank. Dis intense.
My vorige een-lyn stelling geld ook vir die wêreld. Kyk net wat het met Japan gebeur.
Vandat ek terug is beweeg tyd skielik baie vinniger. En ek kyk baie Top Gear. Die Winter is mos maar daai tyd van die jaar. Ek dink ek gaan nou iets beters met my tyd gaan doen.
Bly lewendig. It’s a jungle in here.
No comments:
Post a Comment