My naam is Meerkat.
Ek is lief vir die blou berge, die stofpaaie, die voortandlose glimlagge en die vuil Datsun veertienhonnerds van die boland.
Ons is so oud soos tyd en so jonk soos Jisterday. Ouer selfs as die drang om hande te klap en te sing wat deur ons are vloei waar ons langs die water, op die plaaspaaie en in die stede bymekaar kom. Die dier is besig om wakker te word.
Tussen lemoenboorde in Citrusdal loop hy rond. Hulle hoor die klank van sy voetstappe snags in die gange van Kaapstad en sy skaduwee skuil in die dennewoud op Paarlberg. Hy kan die reën ruik.
My naam is Meerkat.
Ek is bang vir die grys wolke, die verlate strate, die koue wind en die donker.
Ek skryf partykeer die grootste klomp k*k neer. Dis seker maar net hoe my brein werk. Hier op my semi-sonnige sitplek in die stad sit ek en nonsens neerskryf net omdat ek eers na eenuur by my klas hoef te wees. Dit is nou vyf-en-twintig minute oor tien.
Ek kyk na die mense wat verbystap.
No comments:
Post a Comment